Die Moederland Roep

Die Moederland Roep
Land Vlag van Rusland Rusland
Onthul 15 Oktober 1967
Plek Mamajef Koergan, Wolgograd
Ontwerp Jewgeni Woetsjetitsj, Nikolai Nikitin

Die Moederland Roep (Russies: Родина-мать зовёт!, Rodina-Mat zowjot!) is ’n standbeeld by die heuwel Mamajef Koergan in Wolgograd (voorheen Stalingrad), Rusland, ter herdenking aan die Slag van Stalingrad. Dit is deur die beeldhouer Jewgeni Woetsjetitsj en ingenieur Nikolai Nikitin ontwerp, en was in 1967 die hoogste standbeeld in die wêreld.

Dit is ’n ingewikkelde beeld uit ’n ingenieurstandpunt weens die kenmerkende houding met ’n swaard wat in die regterhand in die lug gehou word en die linkerhand in ’n roepgebaar. Dit is tans die hoogste niegodsdienstige standbeeld van ’n vrou in die wêreld.

Dit het verskeie ander name, soos Moeder Moederland, Die Moederland en Die Mamajef-monument.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy